Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » altemit
altemit [boodskap #133890] Vr, 02 Oktober 2020 16:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
altemit
Afbreking: al•te•mit


Bywoord: altemit

Betekenis:
• Wat moontlik kan gebeur.

Gebruik:
• Maar Benjamin, die broer van Josef, het Jakob nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan 'n ongeluk hom oorkom. [Genesis 42:4]

Spreekwoord:
• Dis nie altemit nie. [Dit is heeltemal seker.]

Wisselvorm:
• altemits
• altemitters (ongewoon)

Sinoniem:
• dalk
• miskien
• moontlik
• straks

Vertaling:
Engels: perhaps, maybe
Nederlands: wellicht, misschien, altemet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermag
Volgende onderwerp: bestraling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:22:05 MGT 2024