Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » raat
raat [boodskap #133881] Vr, 02 Oktober 2020 09:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18977
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
raat
Afbreking: raat


Selfstandige naamwoord: raat
Meervoud: rate
Verkleinwoord: raatjie
Meervoud van verkleining: raatjies

Betekenis:
• 'n Middel teen 'n siekte (in die volksgeneeskunde).

Gebruik:
• Ouma se raat teen plooie was om elke dag 'n glas warm water met 'n teelepel gelatien in te drink.

Spreekwoord:
• Die dood is die enigste raat teen die ouderdom. ['n Mens kan nie keer dat jy oud word nie.]

Afgelei:
• boereraat

Vertaling:
Engels: remedy
Nederlands: raad

Nota:
• Pas op om nie "raat" met "raad" (advies) te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedreig
Volgende onderwerp: geldgierig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:50:42 MGT 2024