Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geveg
geveg [boodskap #133851] Do, 01 Oktober 2020 07:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Geveg.
'n Geveg.
geveg
Afbreking: ge•veg
Uitspraak: /χəfaχ/


Selfstandige naamwoord: geveg
Meervoud: gevegte
Verkleinwoord: geveggie
Meervoud van verkleining: geveggies

Betekenis:
• 'n Botsing tussen mense of gewapende magte.
• 'n Verbete poging om iets gedoen te kry.

Gebruik:
• Die Britte was van alle kante vir die Boere se artillerievuur ontbloot en het swaar verliese gedurende die geveg gelei.
• Sy het die geveg teen kanker verloor.

Sinoniem:
• stryd
• worsteling

Afgelei:
• boksgeveg
• gevegsafstand
• gevegsbehoeftes
• gevegsbomvliegtuig
• gevegseenheid
• gevegseskader
• gevegsformasie
• gevegsfront
• gevegskaart
• gevegslinie
• gevegsloopgraaf
• gevegsnasievlag
• gevegsoefening
• gevegsonderskeiding
• gevegspos
• gevegstaat
• gevegstenue
• gevegsterkte
• gevegstrein
• gevegstroepe
• gevegstrook
• gevegsvlag
• gevegsveld
• gevegsvermoë
• gevegsvliegtuig
• gevegsvlug
• gevegsvoorpos
• gevegswaarde
• moddergevef
• kussinggeveg
• swaardgeveg
• vuisgeveg

Vertaling:
Engels: fight, struggle, battle, engagement, combat
Nederlands: gevecht


Werkwoord: veg
Verlede tyd: het geveg

Betekenis:
• Verlede deelwoord van veg. Oorlog gemaak of baklei het.

Gebruik:
• Die seuns het op die speelgrond geveg.

Vertaling:
Engels: fought
Nederlands: gevochten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skuilhou
Volgende onderwerp: oumens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:58:15 MGT 2024