Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mistiek
mistiek [boodskap #133849] Wo, 30 September 2020 20:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18984
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mistiek
Afbreking: mis•tiek


Selfstandige naamwoord: mistiek
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Strewe na persoonlike eenwording tussen die siel en die goddelike.
• Iets wat geheimsinnig of vreemd is.

Gebruik:
• In die mistiek gaan dit om die begeerte na die bereiking en ervaring van 'n intieme eenheid met God.
• Antarktika is van 1774, toe James Cook vir die eerste keer 'n blik daarop gewerp het, tot vandag toe nog in mistiek gehul.

Verwant:
• mistikus
• mistisisme

Vertaling:
Engels: mystic
Nederlands: mystiek


Byvoeglike naamwoord: mistiek
Attributief: mistieke

Betekenis:
• Wat op die mistiek (eenheid met God) betrekking het of daartoe hoort.
• Wat geheimsinnig, raaiselagtig of verborge is.

Gebruik:
• Maak jou hart oop vir 'n mistieke ervaring waarin God sy wese aan jou kan openbaar.
• Die gebied beskik oor 'n ryk erfenis van legendes en mistiek.

Vertaling:
Engels: mystic
Nederlands: mystiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sooibrand
Volgende onderwerp: skuilhou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:23:38 MGT 2024