Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hals
hals [boodskap #133756] Sa, 26 September 2020 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18897
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hals
Afbreking: hals


Selfstandige naamwoord: hals
Meervoud: halse
Verkleinwoord: halsie
Meervoud van verkleining: halsies

Betekenis:
• Die nek van 'n persoon, of die gedeelte van 'n kledingstuk waardeur die nek steek.

Gebruik:
• Sy dra 'n rok met 'n lae hals.

Spreekwoord:
• Met hals en mag. [Met alle krag en geweld.]
• Vir jou probleme op die hals haal. [Self die oorsaak van jou probleme wees.]

Afgelei:
• halsband
• halslyn
• halsmisdaad
• halsoorkop
• halssnoer
• halssnoermoord
• laehalsbostuk
• V-hals

Vertaling:
Engels: neck, throat
Nederlands: hals

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: halssnoermoord
Volgende onderwerp: ingewande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 13:18:21 MGT 2024