Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fokus
fokus [boodskap #133740] Vr, 25 September 2020 12:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fokus
Afbreking: fo•kus


Selfstandige naamwoord: fokus
Meervoud: fokusse

Betekenis:
• Iets wat baie aandag kry, waarop die aandag gerig word.
• Die punt waar die ligstrale konvergeer/byeenkom om 'n duidelike beeld te vorm.

Gebruik:
• Die fokus van die kongres is volhoubare ontwikkeling.
• Die afstand tussen die lens en die fokus word die brandpunt- of fokusafstand genoem.

Sinoniem:
• brandpunt

Afgelei:
• fokusafstand
• fokusskroef

Vertaling:
Engels: focus
Nederlands: focus


Werkwoord: fokus
Verlede tyd: het gefokus

Betekenis:
• Die aandag rig; op iets konsentreer.

Gebruik:
• Jy moet fokus my kind!

Wisselvorm:
• fokusseer

Vertaling:
Engels: to focus
Nederlands: focussen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doerine
Volgende onderwerp: konvergeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 11:46:52 MGT 2024