Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klaarblyklik
klaarblyklik [boodskap #133650] So, 20 September 2020 17:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klaarblyklik
Afbreking: klaar•blyk•lik


Byvoeglike naamwoord: klaarblyklik
Vergrotende trap: klaarblykliker
Oortreffende trap: klaarblyklikste
Attributief: klaarblyklike

Betekenis:
• Wat reeds/klaar duidelik blyk te wees en geen twyfel oor bestaan nie.

Gebruik:
• Die ongeluk het net na 18:00 gebeur, klaarblyklik het die een voertuig die robot verontagsaam en teen 'n ander gebots.

Sinoniem:
• duidelik
• kennelik
• ongetwyfeld
• onmiskenbaar
• onteenseglik
• onweerlegbaar

Afgelei:
• klaarblyklikheid

Vertaling:
Engels: evident, obvious, clear
Nederlands: klaarblijkelijk

Nota:
• As daar 'n mate van onsekerheid bestaan, gebruik eerder "blykbaar".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verdoesel
Volgende onderwerp: luid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 23:29:39 MGT 2024