Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Trans-Vaal" deur PETRA MULLER
"Trans-Vaal" deur PETRA MULLER [boodskap #13336] Wo, 18 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
TRANS-VAAL
Petra Muller

In die land van die kosmosvelde
is dit tans
met pienk en wit blomme uit sjina
en met ekstatiese skoenlappers

somer

In daardie land se hemel
is daar omgekeerde

aarde.

Storms sak bestraffend
vyfuur in die middag,
swaarweer van 'n moeder
op die kinders uit.

In daardie land van geel gras en van lou reëns
is my vriende tans leeus.
In hulle oë is 'n veldbrand aan die groei.
Die reënvoëls styg loodreg as hulle aankom;
hulle verbaster en word bruin en roep na Afrika
en sy kom na hulle aangeloop soos 'n gewapende man.

Die mooi seuns met die blou-blou oë wat ek byna ken,
het tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter
soek dorstig na sy prooi.

Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
'n delfse dogtertjie wat kwyn.

O Afrika

hoe maklik is die klanke van jou naam nie,

Afrika, en

onuitspreeklik om te sê.
Re: "Trans-Vaal" deur PETRA MULLER [boodskap #13363 is 'n antwoord op boodskap #13336] Do, 19 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Pitkop  is tans af-lyn  Pitkop
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Puik. Ek hou hiervan !
Vorige onderwerp: Iets positiefs !
Volgende onderwerp: Suid-Afrika oorbevolk????
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 17:46:52 MGT 2024