Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krakeel
krakeel [boodskap #133618] Sa, 19 September 2020 09:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krakeel
Afbreking: kra•keel


Selfstandige naamwoord: krakeel
Meervoud: krakele

Betekenis:
• 'n Rumoerige rusie of stryery.

Gebruik:
• Hulle krakeel is besig om die bure te ontstel.

Spreekwoord:
• Vroeë akkoord gee geen latere krakeel nie. [As betyds ooreengestem word, kan rusie vermy word.]

Afgelei:
• krakeelsiek
• krakeelsug

Vertaling:
Engels: quarrel, noise
Nederlands: krakeel


Werkwoord: krakeel
Verlede tyd: het gekrakeel

Betekenis:
• Luidrugtig rusie maak; kibbel; twis.

Gebruik:
• Julle krakeel oor nietighede.

Vertaling:
Engels: to quarrel, dispute, wrangle
Nederlands: krakelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klemtoon
Volgende onderwerp: veldkool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 23:20:40 MGT 2024