Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spiraal
spiraal [boodskap #133587] Do, 17 September 2020 10:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Logaritmiese spiraal.
'n Logaritmiese spiraal.
spiraal
Afbreking: spi•raal


Selfstandige naamwoord: spiraal
Meervoud: spirale
Verkleinwoord: spiraaltjie
Meervoud van verkleining: spiraaltjies

Betekenis:
• Lyn wat al om 'n sentrale punt krul terwyl dit uitwaarts beweeg.
• Iets wat spiraalvormig lyk, soos skroefdraad.

Gebruik:
• Die skulp is silindries in 'n spiraal gevorm.

Afgelei:
• spiraalboor
• spiraaldraad
• spiraalklep
• spiraallyn
• spiraalmatras
• spiraalnewel
• spiraalrat
• spiraalveer
• spiraalvormig

Vertaling:
Engels: spiral, coil, helix
Nederlands: spiraal


Werkwoord: spiraal
Verlede tyd: het gespiraal

Betekenis:
• Met groter wordende straal om 'n punt wentel.

Gebruik:
• Die plant se ranke spiraal in die lug in op.

Vertaling:
Engels: to spiral
Nederlands: spiralen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: emalje
Volgende onderwerp: geswore
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 23:41:01 MGT 2024