Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teologie
teologie [boodskap #133438] Wo, 09 September 2020 21:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19431
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teologie
Afbreking: teo•lo•gie


Selfstandige naamwoord: teologie
Meervoud: teologieë

Betekenis:
• Studie van God se openbaring tot die mens, hoofsaaklik aan die hand van die Bybel en geskiedenis van die kerk.

Gebruik:
• Geen teologie sal ooit volledig kan verduidelik hoe God en Sy weë werk nie.

Sinoniem:
• godgeleerdheid

Afkorting:
• teol.

Afgelei:
• bevrydingsteologie
• teologies
• teoloog

Vertaling:
Engels: theology
Nederlands: theologie

Nota:
• Van die Grieks, "theos" wat God beteken en "logos" wat woord of segging beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naskeermiddel
Volgende onderwerp: warempel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:33:24 MGT 2024