Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rakkertjie Rob?
Rakkertjie Rob? [boodskap #13320 is 'n antwoord op boodskap #13323] Di, 17 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Frikkie  is tans af-lyn  Frikkie
Boodskappe: 15
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Met heimwee dink ek vanoggend terug aan 'n Suid-Afrikaanse tydskrif van jare
gelede. Was dit nou Die Jongspan of Die Brandwag? Ek sien voor my geestesoog
die wit en rooi strokieprent: Avonture van Rakkertjie Rob.

Hy het mos 'n Skotse lappie oor sy skouer gehad en so harige sak voor sy
lende. Het hy 'n hoedjie gedra? Her hy ore en voete gehad?

Nou onthou ek: Sy hondjie by name Skottie!

Dit was in dieselfde tyd toe ons nog lede was van die Rooi Ridder Bende. Ek
moet nog iewers in die waenhuis 'n lidmaatskap kaartjie hê wat verlaar: 'Jy
is gemagtig tot samewerking met die SAP'. (Sersant Faber het net gegrinnik
toe ek my hulp aanbied).

Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?

Suid-wes groete.
Re: Rakkertjie Rob? [boodskap #13321 is 'n antwoord op boodskap #13320] Di, 17 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dega  is tans af-lyn  dega
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
lol .... 'n welige snorbaard is al wat ek kan byvoeg. Gunsteling leesgoed
die Uile van Kranskop & Rooi Jan & Mark Condor. Die dae toe TV 'n grootoog
droom was ..... 'n "computer" die drogbeeld van 'n toestel in 'n reuse kamer
wat nog eendag "die wereld gaan oorneem"

> Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?
Re: Rakkertjie Rob? [boodskap #13322 is 'n antwoord op boodskap #13320] Di, 17 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie wrote:
>
>
> Dit was in dieselfde tyd toe ons nog lede was van die Rooi Ridder Bende. Ek
> moet nog iewers in die waenhuis 'n lidmaatskap kaartjie hê wat verlaar: 'Jy
> is gemagtig tot samewerking met die SAP'. (Sersant Faber het net gegrinnik
> toe ek my hulp aanbied).

Was dit nie die Patrys Speurders nie, het self op 'n stadium so 'n
Patrys Speurder kaartjie gehad - het nogal ook vir jou 'n hele spul
ree"ls oor self verdediging gestuur.
Re: Rakkertjie Rob? [boodskap #13323 is 'n antwoord op boodskap #13320] Di, 17 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie:

> Met heimwee dink ek vanoggend terug aan 'n Suid-Afrikaanse tydskrif van jare
> gelede. Was dit nou Die Jongspan of Die Brandwag? Ek sien voor my geestesoog
> die wit en rooi strokieprent: Avonture van Rakkertjie Rob.
>
> Hy het mos 'n Skotse lappie oor sy skouer gehad en so harige sak voor sy
> lende. Het hy 'n hoedjie gedra? Her hy ore en voete gehad?
>
> Nou onthou ek: Sy hondjie by name Skottie!
>
> Dit was in dieselfde tyd toe ons nog lede was van die Rooi Ridder Bende. Ek
> moet nog iewers in die waenhuis 'n lidmaatskap kaartjie hê wat verlaar: 'Jy
> is gemagtig tot samewerking met die SAP'. (Sersant Faber het net gegrinnik
> toe ek my hulp aanbied).
>
> Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?
>
> Suid-wes groete.

Ja, Frikkie! Maar Skottie was sy pel, en hoewel 'n hond, nie sy hond nie!
Iemand het bleddie baie geld gemaak uit daai Rooi Ridder boeke wat ons moes
koop om lidmaatskap te bekom.

Bly om te sien nie almal hier wil politiek praat nie. Waar in Duitswes is
jy? Ek het 'n paar pelle daar.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Rakkertjie Rob? [boodskap #13342 is 'n antwoord op boodskap #13323] Wo, 18 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan Die Jongspan nie meer onthou nie, maar wel die Patrys, wat ook al
die bendes ingehad het en ook "jnr Polisie reserviste". Ek het nog 'n
klomp van hulle. Ek het ook nog al die Vonk tydskrifte wat verskyn het.
Ek onthou die Rakkertjie Rob ook!
Lekker ou dae!
--
Net Nico ...

Frikkie wrote in article
...
| Met heimwee dink ek vanoggend terug aan 'n Suid-Afrikaanse tydskrif van jare
| gelede. Was dit nou Die Jongspan of Die Brandwag? Ek sien voor my geestesoog
| die wit en rooi strokieprent: Avonture van Rakkertjie Rob.
|
| Hy het mos 'n Skotse lappie oor sy skouer gehad en so harige sak voor sy
| lende. Het hy 'n hoedjie gedra? Her hy ore en voete gehad?
|
| Nou onthou ek: Sy hondjie by name Skottie!
|
| Dit was in dieselfde tyd toe ons nog lede was van die Rooi Ridder Bende. Ek
| moet nog iewers in die waenhuis 'n lidmaatskap kaartjie hê wat verlaar: 'Jy
| is gemagtig tot samewerking met die SAP'. (Sersant Faber het net gegrinnik
| toe ek my hulp aanbied).
|
| Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?
|
| Suid-wes groete.
|
Re: Rakkertjie Rob? [boodskap #13343 is 'n antwoord op boodskap #13323] Wo, 18 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 17 Mar 1998 21:02:19 +0200, "dega" wrote:

> lol .... 'n welige snorbaard is al wat ek kan byvoeg. Gunsteling leesgoed
> die Uile van Kranskop & Rooi Jan & Mark Condor. Die dae toe TV 'n grootoog
> droom was ..... 'n "computer" die drogbeeld van 'n toestel in 'n reuse kamer
> wat nog eendag "die wereld gaan oorneem"
>
>> Nog iemand wat nog vir Rakkertjie in meer detail onthou?
>
Ter interessantheid: ek sien Mark Condor adverteer daagliks in ons
plaaslike koerant, hy verskaf goedkoop finansiering... "ek is Mark
Condor.. julle ken my reeds jare" - kon nooit die stelling verstaan
nie. Nou weet ek ook wie hy was. :o)

Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Re: Rakkertjie Rob? [boodskap #13364 is 'n antwoord op boodskap #13323] Do, 19 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article "dega" writes:
> From: "dega"
> Subject: Re: Rakkertjie Rob?
> Date: Tue, 17 Mar 1998 21:02:19 +0200

> lol .... 'n welige snorbaard is al wat ek kan byvoeg. Gunsteling leesgoed
> die Uile van Kranskop & Rooi Jan & Mark Condor. Die dae toe TV 'n grootoog
> droom was ..... 'n "computer" die drogbeeld van 'n toestel in 'n reuse kamer
> wat nog eendag "die wereld gaan oorneem"

Wat van "Die Swart Luiperd"? Ek het eenkeer gehoor dat Braam le Roux die
vinnige geldmaak skuilnaam was van FA Venter. Weet iemand dalk?
Vorige onderwerp: Suid-Afrika oorbevolk????
Volgende onderwerp: Re: Gloudina op NG?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 08:45:39 MGT 2024