Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongeskik
ongeskik [boodskap #133286] Di, 01 September 2020 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18984
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongeskik
Afbreking: on•ge•skik


Byvoeglike naamwoord: ongeskik
Vergrotende trap: ongeskikter
Oortreffende trap: ongeskikste
Attributief: ongeskikte

Betekenis:
• Nie geskik nie; met eienskappe wat nie pas nie.
• Onvriendelik en ongepoets; dinge doen wat ander affronteer.

Gebruik:
• Sy is ongeskik vir die posisie.
• Hy is uiters ongeskik!

Sinoniem:
• onbeskof
• ongemanierd
• ongepoets

Antoniem:
• gemanierd
• geskik

Afgelei:
• ongeskiktheid

Vertaling:
Engels: unfit, unsuitable, inapt; bad-mannered, ill-mannered, rude, unmannerly
Nederlands: ongeschikt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nartjie
Volgende onderwerp: hopeloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:08:08 MGT 2024