Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inboorling
inboorling [boodskap #133207] Vr, 28 Augustus 2020 16:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inboorling
Afbreking: in•boor•ling


Selfstandige naamwoord: inboorling
Meervoud: inboorlinge
Verkleinwoord: inboorlinkie
Meervoud van verkleining: inboorlinkies

Betekenis:
• Iemand wat in 'n aangegewe land, streek of plek gebore en daaraan verbonde is.
• Iemand wat deel is van die oorspronklike bevolking van 'n land.

Gebruik:
• Ek is 'n inboorling van die Karoo.
• Aanvanklik het die inboorlinge met primitiewe wapens en die Blanke setlaars met gewere ter wille van voedsel en veiligheid gejag.

Afgelei:
• inboorlingarbeid
• inboorlingbevolking
• inboorlingdrag
• inboorlinggewoontes
• inboorlingkind
• inboorlingpolitiek
• inboorlingstam
• inboorlingvrou

Vertaling:
Engels: native, natural, aborigine
Nederlands: inboorling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skryfproses
Volgende onderwerp: tert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:32:08 MGT 2024