Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » piep
piep [boodskap #133167] Wo, 26 Augustus 2020 12:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
piep
Afbreking: piep


Werkwoord: piep
Verlede tyd: het gepiep

Betekenis:
• Om 'n hoë, fyn klank te maak, soos die geluid van 'n kuiken of muis.
• Om iemand buitengewoon sag te behandel.

Gebruik:
• 'n Mens hoor al die kuiken wat binne sy dop begin piep.
• Sy ma piep hom op.

Spreekwoord:
• Soos die oue sing, so piep die jonge. [Kinders praat hulle ouers na.]

Afgelei:
• pieperig
• pieperigheid
• piepklein

Vertaling:
Engels: to peep, squeak
Nederlands: piepen


Selfstandige naamwoord: piep
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Siekte wat verbeel word; ipekonders.
• Respiratoriese siekte by hoenders en anders voëls.

Gebruik:
• Hy het die piep.
Piep veroorsaak dat 'n harde gedeelte op die hoender se tong vorm.

Vertaling:
Engels: pip, roup
Nederlands: piep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: miaau
Volgende onderwerp: trompetter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:38:10 MGT 2024