Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kolf
kolf [boodskap #132959] Do, 20 Augustus 2020 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18987
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kolwer met 'n kolf in sy hande.
'n Kolwer met 'n kolf in sy hande.
'n Kolf.
'n Kolf.
kolf
Afbreking: kolf


Selfstandige naamwoord: kolf
Meervoud: kolwe
Verkleinwoord: kolfie
Meervoud van verkleining: kolfies

Betekenis:
• (sport) 'n Stok waarmee 'n bal geslaan word in sportsoorte soos krieket en bofbal.
• (skietkuns) Die agterkant van 'n vuurwapen.
• (chemie) 'n Bolronde of keëlvormige fles met 'n plat boom.

Gebruik:
• Sy het die inbreker met 'n kolf bygedam.
• Druk die geweer se kolf styf in jou skouer vas.
• Die chemikalieë word in 'n kolf gemeng en met 'n bunsenbrander verhit.

Afgelei:
• destilleerkolf
• geweerkolf
• krieketkolf
• maatkolf

Vertaling:
Engels: bat; butt-end; flask
Nederlands: kolf


Werkwoord: kolf
Verlede tyd: het gekolf
Teenwoordige deelwoord: kolwende

Betekenis:
• 'n Bal met 'n kolf moker in krieket of bofbal.

Gebruik:
• Wie wil eerste kolf?

Afgelei:
• kolfbeurt
• kolfblad
• kolforde
• kolfwerk
• kolwer

Vertaling:
Engels: to bat
Nederlands: kolven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: basta
Volgende onderwerp: sweer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 15:01:04 MGT 2024