Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geraas
geraas [boodskap #132937] Wo, 19 Augustus 2020 12:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geraas
Afbreking: ge•raas


Selfstandige naamwoord: geraas
Meervoud: gerase
Verkleinwoord: gerasie
Meervoud van verkleining: gerasies

Betekenis:
• 'n Aanhoudende lawaai, dreuning of enige klank wat onwelkom, ondraaglik en verontrustend is.

Gebruik:
• Uitermatige geraas kan 'n mens se ore beseer of selfs permanent beskadig.

Spreekwoord:
• Leë balies/vate maak die meeste geraas. [Wie min weet, praat altyd die meeste oor 'n saak.]
• Hoe kleiner brak, hoe groter die geraas. [Iemand wat min kan doen, praat gewoonlik die meeste.]

Sinoniem:
• harla-boerla
• lawaai
• rumoer

Antoniem:
• stilte

Vertaling:
Engels: noise, clamour
Nederlands: geraas, lawaai


Werkwoord: raas
Verlede tyd: het geraas
Teenwoordige deelwoord: rasende

Betekenis:
• Verlede deelwoord van raas.

Gebruik:
• Die kinders het vreeslik geraas toe pa wou slaap.

Vertaling:
Engels: made noise
Nederlands: gelawaaid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beeldspraak
Volgende onderwerp: bloedjonk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 18:12:00 MGT 2024