Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boemerang
boemerang [boodskap #132894] Ma, 17 Augustus 2020 06:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Boemerang.
'n Boemerang.
boemerang
Afbreking: boe•me•rang


Selfstandige naamwoord: boemerang
Meervoud: boemerangs
Verkleinwoord: boemerankie
Meervoud van verkleining: boemerankies

Betekenis:
• 'n Geboë werpstok wat, as dit nie sy doel tref nie, in die lug omdraai en na die gooier terugslinger.

Gebruik:
• Die inheemse bevolking van Australië het die boemerang tydens jagtogte gebruik.

Sinoniem:
• gooikierie
• werphout

Vertaling:
Engels: boomerang
Nederlands: boemerang


Werkwoord: boemerang
Verlede tyd: het geboemerang

Betekenis:
• As iets (soos moeilikheid wat jy self veroorsaak) na 'n mens toe terugkom.

Gebruik:
• Sy onderduimse plannetjies sal boemerang.

Vertaling:
Engels: to boomerang
Nederlands: boemerangen


Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wilskrag
Volgende onderwerp: weersiens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:17:42 MGT 2024