Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » persoonlikheid
persoonlikheid [boodskap #132887] So, 16 Augustus 2020 19:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
persoonlikheid
Afbreking: per•soon•lik•heid
Uitspraak: /pərˈsʊə̯n.lək.ɦəi̯t/


Selfstandige naamwoord: persoonlikheid
Meervoud: persoonlikhede
Verkleinwoord: persoonlikheidjie
Meervoud van verkleining: persoonlikheidjies

Betekenis:
• Die geheel van kenmerke en gedragspatrone wat iemand uniek maak.
• Iemand wat aan die groter publiek bekend is.

Gebruik:
Persoonlikheid word gewoonlik in vyf komponente verdeel, naamlik openheid vir ervaring, pligsgetrouheid, ekstroversie, vriendelikheid en emosionaliteit.
• Sy is 'n bekende TV-persoonlikheid.

Sinoniem:
• karakter

Afgelei:
• radiopersoonlikheid
• TV-persoonlikheid

Verwant:
• personologie

Vertaling:
Engels: personality
Nederlands: persoonlijkheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klankbaan
Volgende onderwerp: afskaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:33:16 MGT 2024