Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aandrok
aandrok [boodskap #132654] Di, 11 Augustus 2020 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Aandrok.
'n Aandrok.
aandrok
Afbreking: aand•rok
Samestelling: aand + rok
Uitspraak: /ɑːnt.rɔk/


Selfstandige naamwoord: aandrok
Meervoud: aandrokke
Verkleinwoord: aandrokkie
Meervoud van verkleining: aandrokkies

Betekenis:
• 'n Lang rok wat in die aande na deftige geleenthede gedra word.

Gebruik:
• Sy pak en windmakerige strikdas het haar stylvolle, sjampanjekleurige aandrok pragtig aangevul.

Sinoniem:
• aandtabberd
• aandklere
• aanddrag
• balrok
• dineerok

Antoniem:
• dagrok

Vertaling:
Engels: evening gown, evening dress, ballgown
Nederlands: baljurk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skor
Volgende onderwerp: bandana
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 10:28:33 MGT 2024