Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kuif
kuif [boodskap #132641] Ma, 10 Augustus 2020 18:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kokketiel het 'n kuif op sy kop.
'n Kokketiel het 'n kuif op sy kop.
kuif
Afbreking: kuif


Selfstandige naamwoord: kuif
Meervoud: kuiwe
Verkleinwoord: kuifie
Meervoud van verkleining: kuifies

Betekenis:
• Voorste hare op die kop; haarlyn.
• Opstaande vere of haarlok op die kop.

Gebruik:
• Die skooldrag bepaal dat 'n seun se kuif nie oor sy oë mag hang nie.
• Die stand van 'n kokketiel se kuif dui sy gemoedstemming aan.

Afgelei:
• kuifkop

Vertaling:
Engels: crest, topknot, tuft
Nederlands: kuif

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kunsgalery
Volgende onderwerp: stom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 12:50:30 MGT 2024