Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Gloudina op NG?
Re: Gloudina op NG? [boodskap #12973] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
daniel[1]  is tans af-lyn  daniel[1]
Boodskappe: 7
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Atlas` wrote in message ...
> Hallo daar
>
> Ek het nou al talle boodskappe gelees wat duidelik reaksies was op wat
> Gloudina gesê. MAAR ek sien nooit die oorspronklike artikels wat deur
> Gloudina geskryf is nie?

Wees dankbaar
Re: Gloudina op NG? [boodskap #12974 is 'n antwoord op boodskap #12973] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"daniel" writes: >
> Atlas` wrote in message ...
>> Hallo daar
>>
>> Ek het nou al talle boodskappe gelees wat duidelik reaksies was op wat
>> Gloudina gesê. MAAR ek sien nooit die oorspronklike artikels wat deur
>> Gloudina geskryf is nie?


"Gloudina" is 'n denkbeeldige
persoon wat 'n klomp sogenaamde
Afrikaner-mans uitgedink het om
hulle frustrasies op uit te haal,
noudat die wereld nie meer vir
wit mans so 'n land van maneskyn
en rose is nie. Veral Nico het
amper gedurig skuim om die bek.
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13023 is 'n antwoord op boodskap #12973] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "daniel" writes: >
>> Atlas` wrote in message ...
>>> Hallo daar
>>>
>>> Ek het nou al talle boodskappe gelees wat duidelik reaksies was op wat
>>> Gloudina gesê. MAAR ek sien nooit die oorspronklike artikels wat deur
>>> Gloudina geskryf is nie?
>
>
> "Gloudina" is 'n denkbeeldige
> persoon wat 'n klomp sogenaamde
> Afrikaner-mans uitgedink het om
> hulle frustrasies op uit te haal,
> noudat die wereld nie meer vir
> wit mans so 'n land van maneskyn
> en rose is nie. Veral Nico het
> amper gedurig skuim om die bek.
>
> Gloudina
>

"Gloudina" is 'n manifestasie in die kuberruimte wat suggereer dat Gloudina
'n persoon is wat in 'n lewenskrisis verkeer en spook met 'n boel
onverwerkte skuld. Dit lyk ook nie asof die krisis tot 'n positiewe
persoonlikheidsonwikkeling sal ontknoop nie, want dit is besig om te verstar
tot 'n patroon van vermydingsgedrag wat probleme deurgaans projekteer op 'n
denkbeeldige vyand of vervolger in die persoon van "die Afrikaners" of, soms
meer spesifiek, "apartheidsvarke".

Vriendelike groete, Leendert
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13056 is 'n antwoord op boodskap #12973] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"F. Stef Roux" writes:

>
> Mens moet simpatie he^ met hierdie Gloudina-verskynsel. Dink
>
> net hoe geweldig die sosiale druk destyds in Kanada moes gewees
>
> het toe apartheid op sy hoogtepunt was. So 'n persoon sou vinnig
>
> tot inkeer moes kom en probeer aanpas by wat aanvaarbaar is in
>
> die nuwe land. Vandaar waarskynlik die geweldige skuldgevoel.
>
> Dit lyk asof hierdie manifestasie die probleem probeer oorkom
>
> deur die skuld (ietwat onsuksesvol) op ander te projekteer.
>
>
> In ieder geval is dit besonder interessant om te sien hoe (indien
>
> wel) die manifestasie ontwikkel en vrede maak met die krisis.
>

> Stef

Gister taal-indoena. Vandag amateur
psigoloog (of te wel sielkundige.)
Ek dink, Stef Fisika, jy moet jou
maar by jou vysel hou. Al die hoog-
drawende analise laat my lag. Jy
moet dat Leendert vir jou in 'n
geheim inlaat - die regte rede
waarom ek so baie op hierdie nuusgroep
skryf.

Gloudina
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13071 is 'n antwoord op boodskap #12973] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"F. Stef Roux" writes:

>
>> moet dat Leendert vir jou in 'n
>
>> geheim inlaat - die regte rede
>
>> waarom ek so baie op hierdie nuusgroep
>
>> skryf.
>
>
> Nou het jy my nuuskierig. Wil jy nie sommer self vir
>
> ons se nie? Ek het in elke geval my eie teoriee" daaroor.
>
>
> Stef

Nou laat ons sommige van jou teorie"e hoor?
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13072 is 'n antwoord op boodskap #12973] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LLaubscher  is tans af-lyn  LLaubscher
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Leendert van Oostrum" Wrote

> "Gloudina" is 'n manifestasie in die kuberruimte wat suggereer dat Gloudina
> 'n persoon is wat in 'n lewenskrisis verkeer en spook met 'n boel
> onverwerkte skuld. Dit lyk ook nie asof die krisis tot 'n positiewe
> persoonlikheidsonwikkeling sal ontknoop nie, want dit is besig om te verstar
> tot 'n patroon van vermydingsgedrag wat probleme deurgaans projekteer op 'n
> denkbeeldige vyand of vervolger in die persoon van "die Afrikaners" of, soms
> meer spesifiek, "apartheidsvarke".

Gloudina vergestalt, en is simbolies van materiaal in Leendert se onbewuste.
Hier le gesetel die feit dat hy bevooroordeeld is, voordeel getrek het uit
apartheid, en inderwaarheid self 'n "Apartheidsvark" is. Tog, hy kan nie
hierdie onbewuste materiaal erken en in sy selfkonsep integreer nie omdat dit
te bedreigend is vir effektiewe ego- en superego funksionering. Dus verdedig
hy homself deur daardie skadu-aspekte van homself af te sny en aan 'n vyand,
hetsy Gkoudina of die ANC, toe te skryf. Andersinds kom die
verdedigingsmeganismes van reaksie-formasie en sublimasie handig te pas in sy
gebruik van intellektuele rasionaliserings of dubbelspraak, sowel as sy
onrealistiese verhemeling van daardie miniskule anti-apartheid bydraes wat hy
kwansuis wel deel van gehad het. Wanneer hy Gloudina aanval, val hy
inderwaarheid homself aan, en in hierdie onbewuste kruisiging is gelee die waan
dat martelaarskap absolusie bring.

(Kon dit nie weerstaan nie, Leendert. :-)

____
L. Laubscher
ISPP-Chicago
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13133 is 'n antwoord op boodskap #12973] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> Ek mik, om
> raak te skiet, net apartheids-
> varke. Dis die Derde Boere-oorlog.
> Nee aikona, dis nog
> by my die Derde Boere-oorlog. En ek skiet
> om te tref.

Gloudina, as 'n boere hater hoe kan jy nou 'n derde Boere-oorlog baklei? Wat
skiet jy ? Hope onsin en bog is 'n moontlikheid !

> Nogtans het die werklike rede hoekom ek so
> baie op die nuusgroep skryf, niks met
> politiek of selfs met SA te doen nie. Neem
> nog 'n raaiskoot, of vra vir Leendert.

O hel ! Jy's die ANC se geheime wapen !
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13134 is 'n antwoord op boodskap #12973] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"F. Stef Roux" writes:

en almal oral te oordeel as "aparheidsvarke".

Daar het jy dit heeltemal mis.
Weer die wetenskaplike wat nie
getrou is aan die werklike
statistieke nie. Ek mik, om
raak te skiet, net apartheids-
varke. Dis die Derde Boere-oorlog.

> Die wagwoord in Suid Afrika is "versoening". As daar een ding is
>
> waarvoor ek my hoed vir Mandela sal afhaal is dit omdat hy
>
> hierdie rigting ingeslaan het.
> Groete
>

> Stef

So al die ouens wat so gif spoeg en so
vreeslike vuil woorde gebruik as hulle
van 80 persent van die land se bevolking
praat, moet nou maar gelate toegelaat
word om dit te doen. Nee aikona, dis nog
by my die Derde Boere-oorlog. En ek skiet
om te tref.

Nogtans het die werklike rede hoekom ek so
baie op die nuusgroep skryf, niks met
politiek of selfs met SA te doen nie. Neem
nog 'n raaiskoot, of vra vir Leendert.

Gloudina
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13135 is 'n antwoord op boodskap #12973] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Nogtans het die werklike rede hoekom ek so
> baie op die nuusgroep skryf, niks met
> politiek of selfs met SA te doen nie. Neem
> nog 'n raaiskoot, of vra vir Leendert.
>
> Gloudina

Jy't Parkinsons ??
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13136 is 'n antwoord op boodskap #12973] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, as 'n mens wil raakskiet, dan doen jy dit nie met 'n kududrol
nie. Gebruik feite! Nie stokou retoriek nie. Jy ignoreer steeds my
uitdaging om iets mooi vir ons te skryf daar uit Ambleside Drive!
Jou redenasies is so skeef jy antagoniseer selfs mense soos ek wat eintlik
half aan jou kant van die politieke spektrum sit. Jy is nou, net soos die
AWB 'n verleentheid vir die regse politiek is, ook 'n verleentheid vir
verligte, moderne nie-rassige politiek. Ek dink mense sal jou ook makliker
glo as jy die swart mense se vlerkies afknip, hulle "halo's" bêre en erken
dat hulle ook foute gemaak het en nog steeds maak. Dat mense soos jy,
Carel Niehaus, Jansie en Jill Marcus nie demi-gode is nie. Kom af aarde
toe en bewys aan ons dat jy nie 'n versuurde ou vebitterde vergete
rosyntjie is nie.

As jy nie mooi om jou kan raaksien nie, skryf dan maar vir ons waarom jy
hier deelneem - dalk help dit ons om te verstaan.
--
Net Nico ...

@igs.net wrote in article ...
| So al die ouens wat so gif spoeg en so
| vreeslike vuil woorde gebruik as hulle
| van 80 persent van die land se bevolking
| praat, moet nou maar gelate toegelaat
| word om dit te doen. Nee aikona, dis nog
| by my die Derde Boere-oorlog. En ek skiet
| om te tref.
|
| Nogtans het die werklike rede hoekom ek so
| baie op die nuusgroep skryf, niks met
| politiek of selfs met SA te doen nie. Neem
| nog 'n raaiskoot, of vra vir Leendert.
|
| Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13172 is 'n antwoord op boodskap #12973] Ma, 09 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:
Kom af aarde
> toe en bewys aan ons dat jy nie 'n versuurde ou vebitterde vergete
> rosyntjie is nie.

Nico, ek dink jy moet jouself
probeer analiseer hoekom jy so
gefassineer met my is. Waarom
skryf jy net aanmekaar aan my,
oor my? Waarom sit en vors jy
my na? Het jy nie werk om te
doen nie? En wanneer skryf jy
vir ons van die mooi om jou,
in plaas van om altyd oor my
te skryf. Jy laat my dink jy
dink ek is belangrik.
>
> As jy nie mooi om jou kan raaksien nie, skryf dan maar vir ons waarom jy
> hier deelneem - dalk help dit ons om te verstaan.

Waarom is dit nodig dat jy my verstaan?
Miskien is dit omdat jy jouself nie
verstaan nie. En omdat dit jou hinder
dat daar ander Afrikaners is wat anders
dink as jy?
> --
> Net Nico ...
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13173 is 'n antwoord op boodskap #12973] Ma, 09 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek geniet die heen en weer redenasie wat op die nuusgroep aangaan - en ek
antwoord telkens op jou omdat jy sulke skewe wilde bewerings maak.
En ek het besluit ek gaan kyk of ek nie 'n verskil kan maak en jou meer
positief kan kry nie. Ek het jou adres opgesoek omdat iemand gevra het of
jy nie dalk net een of ander idioot se verbeeldingsvlug is nie. Jy maak
ook partykeer stellings wat moeilik is om te glo dat dit van 'n regte mens
af kom.
Ek dink jy is belangrik , Gloudina, netsoos enige mens op die planeet.

Moenie jouself vly en dink ek sal jou probeer verstaan nie - jy's 'n
vroumens, in die eerste plek en volgens al jou skrywes geweldig verbitterd.
So daar is nie enige kans dat iemand jou ooit sal verstaan nie.

Gou iets moi van my omgewing: Daar loop drie takbokke naby ons apartment
kompleks. Hulle kom snags heel naby die beskawing. Een oggend op pad werk
toe het ek hulle selfs op die pad teegekom. Hulle is te mooi om te sien.
Maar ook baie moeilik, selfs in die bleek winter omgewing. As die bome se
groen eers uitkom, wonder ek of ons hulle ooit sal sien.

Dankie vir die herinnering, Gloudina. Kyk nou of jy ook so iets vir ons
kan skryf, of bly jy in 'n baie lelike hool tussen net slegte mense?
--
Net Nico ...

| gefassineer met my is. Waarom
| skryf jy net aanmekaar aan my,
| oor my? Waarom sit en vors jy
| my na? Het jy nie werk om te
| doen nie? En wanneer skryf jy
| vir ons van die mooi om jou,
| in plaas van om altyd oor my
| te skryf. Jy laat my dink jy
| dink ek is belangrik.
|
| Waarom is dit nodig dat jy my verstaan?
| Miskien is dit omdat jy jouself nie
| verstaan nie. En omdat dit jou hinder
| dat daar ander Afrikaners is wat anders
| dink as jy?

Dit hinder my nie! Dis lekker om ander opinies te hoor, as dit redelik
gestel word. Iemand soos jy bied maar net redenasies om teen te oefen -
daar is nie veel stof tot nadenke in nie.
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13215 is 'n antwoord op boodskap #12973] Di, 10 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"F. Stef Roux" writes:

. Dis die Derde Boere-oorlog.
>
>
> Ag aarde, Gloudina. Dis nou weer 'n nuwe een hierdie
>
> "Derde Boere-oorlog" van jou.

>
>> So al die ouens wat so gif spoeg en so
>
>> vreeslike vuil woorde gebruik as hulle
>
>> van 80 persent van die land se bevolking
>
>> praat, moet nou maar gelate toegelaat
>
>> word om dit te doen. Nee aikona, dis nog
>
>> by my die Derde Boere-oorlog. En ek skiet
>
>> om te tref.
>
>
> Al wat jy tref is my lagspiere
>
>
> Wat gaan jy bereik? Gaan hulle ophou om gif te
>
> spoeg omdat jy gif spoeg? Wat hoop jy nou om te bereik
>
> met jou persoonlike "Derde Boere Oorlog". Gaan
>
> hulle hul sienings verander omdat jy hulle beledig?
>
>
>>
>
>> Nogtans het die werklike rede hoekom ek so
>
>> baie op die nuusgroep skryf, niks met
>
>> politiek of selfs met SA te doen nie. Neem
>
>> nog 'n raaiskoot, of vra vir Leendert.
>
>
> Aha, maar ek het nog ander toerie" ook. Jy het nou vir
>
> my 'n leidraad gegee.
>

Nouja, laat ons hoor. Dis
probeerslag nommer drie.

Gloudina
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13240 is 'n antwoord op boodskap #12973] Wo, 11 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
doos  is tans af-lyn  doos
Boodskappe: 14
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , iq...@hotmail.com says...
>
>> Nogtans het die werklike rede hoekom ek so
>> baie op die nuusgroep skryf, niks met
>> politiek of selfs met SA te doen nie. Neem
>> nog 'n raaiskoot, of vra vir Leendert.
>
> Jy't Parkinsons ??
>

Nee, in sommige tronke in Kanada gee hulle vir die bandiete rekenaars,
maar laat hulle net toe om soc.culture.south-africa.afrikaans op te vang.
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13241 is 'n antwoord op boodskap #12973] Wo, 11 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Nee, in sommige tronke in Kanada gee hulle vir die bandiete rekenaars,
> maar laat hulle net toe om soc.culture.south-africa.afrikaans op te vang.

Jy bedoel seker tehuise vir seniele legendes wat in die draaikolk van hulle
eie vergete verlede vasgevang is.......

Met daardie knopperige vingers en bysiende waterige ogies kan jy in
elkgeval net 'n klomp strooi tik, vertaalde playgirl gedigte aanhaal en
droom oor Fyndraai, die familieplaas op Vryburg ;-)
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13324 is 'n antwoord op boodskap #12973] Di, 17 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "F. Stef Roux" writes:
>>> Nouja, laat ons hoor. Dis
>>
>>> probeerslag nommer drie.

>>
>> postulaat is dat die Gloudina-verskynsel 'n diep en
>> opregte liefde het vir Afrikaans. Die rede hoekom
>> hierdie postulaat problematies is, is omdat dit
>> strydig is met die bewering dat Afrikaans nie (meer)
>> die verskynsel se huistaal is nie.
>
> Dis nie problematies as jy
> besef dat die verskynsel
> gedwing is om op te hou
> Afrikaans praat - nogal
> baie traumaties, selfs met
> neurologiese gevolge.
>>
>>

Daar hoor julle dit nou so reg uit die perd se bek.

Neurologies gevolge soos geopenbaar in skisofrenie met die
gepaardgaande psigologies wanaanpassing en gevolglike problematies
interaksie met ander mense.
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13344 is 'n antwoord op boodskap #12973] Wo, 18 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"F. Stef Roux" writes:
>> Nouja, laat ons hoor. Dis
>
>> probeerslag nommer drie.
>
>>
>
>> Gloudina
>
>
> Goed hier gaan ons vir nommer drie (ek het gedog
>
> dis nommer twee). Vir hierdie teorie sal ons 'n
>
> postulaat benodig wat so effe problematies is. Die
>
> postulaat is dat die Gloudina-verskynsel 'n diep en
>
> opregte liefde het vir Afrikaans. Die rede hoekom
>
> hierdie postulaat problematies is, is omdat dit
>
> strydig is met die bewering dat Afrikaans nie (meer)
>
> die verskynsel se huistaal is nie.

Dis nie problematies as jy
besef dat die verskynsel
gedwing is om op te hou
Afrikaans praat - nogal
baie traumaties, selfs met
neurologiese gevolge.
>
>
> As ons egter die postulaat aanvaar kan ons beweer dat
>
> die motivering vir die beledigingsdrag van die
>
> verskynsel suiwer gelee is in 'n poging om interaksie
>
> op die nuusgroep uit te lok sodat die nuusgroep 'n
>
> sukses sal wees. Sodoende (glo die verskynsel) maak
>
> sy 'n bydrae tot die oorlewing van Afrikaans. Die
>
> politiek is dus net 'n kapstok -- 'n "conversation piece".
>
>
> Hierdie toerie het 'n paar waarneembare voorspellings.
>
> Eerstens, indien die aktiwiteit suiwer afhanklik is van
>
> die kontensieuse aard van die verskynsel se boodskappe
>
> sal meeste interaksies tussen die verskynsel en die ander
>
> lede wees, en nie soseer onderling tussen die ander lede
>
> van die groep nie. Hierdie voorspelling het 'n kans om
>
> waar te wees. Mens sal egter spesifieke statistieke moet
>
> saamstel om te sien of dit wel die geval is.
>
>
> 'n Tweede voorspelling is dat indien die verskynsel
>
> werklik wil he^ dat die groep se sukses moet standhoudend
>
> wees, dan mag dit nie van haar kontensieuse boodskappe
>
> afhang wees nie. Dus moet sy op 'n stadium daarin slaag om
>
> die gesprek tussen die ander lede van die groep te stimuleer
>
> en hulle te "speen" van haar "inmenging". Of en hoe dit gaan
>
> gebeur is 'n interessante aspek waarna ek met afwagting
>
> uitsien.
>
>
> Stef
>
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13369 is 'n antwoord op boodskap #12973] Do, 19 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"F. Stef Roux" writes:

>
>> Dis nie problematies as jy
>
>> besef dat die verskynsel
>
>> gedwing is om op te hou
>
>> Afrikaans praat

>
> Gedwing!? ... om jou taal te laat vaar !?
>
> Klink vreeslik, amper ongeloofwaardig.
>
> Kan jy miskien bietjie meer informasie
>
> gee? Hoe is so iets moontlik?
>
>
> Stef

Ja, gedwing deur 'n man wat
so vol weersin was teen wat
in SA aangaan, dat hy geweier
het om meer Afrikaans te praat.
Onthou, hy was 'n slim sterk
Boerseun uit die Ooskaap.Hy
het, behalwe Wiskunde, skryf-
talent gehad. Dat so 'n persoon
kon besluit, vol weersin, dat
hy daardie taal moes opgee, moes
'n verskriklike oorsaak gehad
het. Dit is daarom dat ek die
apartheidsvarke so haat. Hulle
het ons ook beroof.

Gloudina
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13370 is 'n antwoord op boodskap #12973] Do, 19 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
> Ja, gedwing deur 'n man wat
> so vol weersin was teen wat
> in SA aangaan, dat hy geweier
> het om meer Afrikaans te praat.
> Onthou, hy was 'n slim sterk
> Boerseun uit die Ooskaap.Hy
> het, behalwe Wiskunde, skryf-
> talent gehad. Dat so 'n persoon
> kon besluit, vol weersin, dat
> hy daardie taal moes opgee, moes
> 'n verskriklike oorsaak gehad
> het. Dit is daarom dat ek die
> apartheidsvarke so haat. Hulle
> het ons ook beroof.
>
> Gloudina

Ek hoop nie jou man lees hierdie stuk wat jy gepos het nie. Ek sou
redelik skuldig gevoel het as ek hy was want jou eerste sin plaas jy die
blaam vol op sy skouers (gedwing).

Maar soos ek voorheen gesê het - Afrikaans is gesien as die taal van
die onderdrukker - aangehelp deur ons Engelse broeders wat saam pap
geskep het - maar daar is heelwat meer mense wat afrikaans praat wat
onderdruktes was as wat onderdrukkers was. So Afrikaans was dus ook 'n
taal van die onderdrukte. Interesant dat sulke duidelik intelligente
mense vir die propaganda geval het en die taal geblameer het vir iets
waarvoor dit duidelik nie skuld gehad het nie.

Miskien moet jy 'n analis gaan sien om van jou onderdrukte woede te
verwerk - dit is besig om jou in 'n baie verbitterde ou tannie te
verander.

Groete
Lou
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13371 is 'n antwoord op boodskap #12973] Do, 19 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "F. Stef Roux" writes:

>>> Dis nie problematies as jy
>>> besef dat die verskynsel
>>> gedwing is om op te hou
>>> Afrikaans praat

>> Gedwing!? ... om jou taal te laat vaar !?
>> Klink vreeslik, amper ongeloofwaardig.
>> Kan jy miskien bietjie meer informasie
>> gee? Hoe is so iets moontlik?
>> Stef

> Ja, gedwing deur 'n man wat
> so vol weersin was teen wat
> in SA aangaan, dat hy geweier
> het om meer Afrikaans te praat.
> Onthou, hy was 'n slim sterk
> Boerseun uit die Ooskaap.Hy
> het, behalwe Wiskunde, skryf-
> talent gehad. Dat so 'n persoon
> kon besluit, vol weersin, dat
> hy daardie taal moes opgee, moes
> 'n verskriklike oorsaak gehad
> het. Dit is daarom dat ek die
> apartheidsvarke so haat. Hulle
> het ons ook beroof.

> Gloudina

Die slagoffermentaliteit:

Blameer ander vir ons eie besluite, dan hoef ons nie die gevolge daarvan
teenoor onsself te verantwoord nie.

Pas goed by die res van die prentjie.

Leendert
Re: Gloudina op NG? [boodskap #13397 is 'n antwoord op boodskap #12973] Vr, 20 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Ja, gedwing deur 'n man wat
| so vol weersin was teen wat
| in SA aangaan, dat hy geweier
| het om meer Afrikaans te praat.
| Onthou, hy was 'n slim sterk
| Boerseun uit die Ooskaap.Hy
| het, behalwe Wiskunde, skryf-
| talent gehad. Dat so 'n persoon
| kon besluit, vol weersin, dat
| hy daardie taal moes opgee, moes
| 'n verskriklike oorsaak gehad
| het. Dit is daarom dat ek die
| apartheidsvarke so haat. Hulle
| het ons ook beroof.
|
| Gloudina
'n Mens kan jou taal nie liefhê as jy dit so maklik prysgee nie. Dit klink
eerder hier vir my na 'n geval van skytbang en nou mooi broodjies bak en
martelaar speel - iemand het hoeka al gepraat van Martie Martelgat.
Was daar al erger opgetree teen mense as teen die Jode van die Nazi regime
- en hoeveel van hulle het hulle taal vir 'n ander veruil?
Klink eerder, gloudina of jy dié haat wat die guts gehad het om hulle taal
te behou, ten spyte van alles. Julle het maar net 'n lafaards uitweg
geneem.
En dis maar reg so - ons vergewe jou daarvoor. Jy hoef nie meer daaroor te
verdedig nie. Kom ons gaan eerder positief vorentoe en bespreek mooi dinge
van die lewe.

Soos die mooi herfs wat nou in SA begin - het jy nie 'n mooi gedig daaroor
nie?

Nico
Vorige onderwerp: Rakkertjie Rob?
Volgende onderwerp: Blomme op Jack Dawson se graf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 11:56:56 MGT 2024