Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » delta
delta [boodskap #132075] Vr, 10 Julie 2020 20:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Nyldelta uit die ruimte gesien.
Die Nyldelta uit die ruimte gesien.
delta
Afbreking: del•ta


Selfstandige naamwoord: delta
Meervoud: deltas
Verkleinwoord: deltatjie
Meervoud van verkleining: deltatjies

Betekenis:
• (geologie) 'n Driehoekige stelsel van vertakkings wat sommige riviere aan hul mondings vorm.
• (taalkunde) Die vierde letter van die Griekse alfabet (hoofletter Δ, kleinletter δ).
• (spelalfabet) Spelwoord van het ITU/NAVO-spelalfabet vir die letter d.

Gebruik:
• In Suid-Afrika mond die Mkuzirivier in KwaZulu-Natal en die Oranjerivier in die Noord-Kaap by die see met 'n delta uit.
• Die Latynse D en die Cyrilliese Д is van die Griekse delta afkomstig.
• Sy roepkode is delta-twee.

Afgelei:
• rivierdelta

Vertaling:
Engels: delta
Nederlands: delta

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reun
Volgende onderwerp: amok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 21:52:52 MGT 2024