Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vloek
vloek [boodskap #131865] So, 28 Junie 2020 19:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vloek
Afbreking: vloek


Werkwoord: vloek
Verlede tyd: het gevloek
Teenwoordige deelwoord: vloekende

Betekenis:
• Lelik praat; lasterlike en beledigende taal gebruik; vloekwoorde uiter; iemand verwens.
• Kontrasteer; nie bymekaar pas nie.

Gebruik:
• Hy vloek nes 'n matroos! Sy glimlag, maar vloek binnensmonds.
• Die rok se kleure vloek teen mekaar.

Sinoniem:
• fulmineer
• skel

Vertaling:
Engels: to curse, swear, damn
Nederlands: vloeken


Selfstandige naamwoord: vloek
Meervoud: vloeke

Betekenis:
• 'n Verwensing; bestraffing; 'n doelbewuste uitspraak om iemand te benadeel.
• Lasterlike uiting as iemand geskok, seergemaak of baie ontevrede is.

Gebruik:
• Daar blyk 'n vloek op die verlate huis te wees.
• Hy sluk 'n liederlike vloek, draai om, en loop weg.

Sinoniem:
• kragwoord

Afgelei:
• vervloek
• vloekwoord

Vertaling:
Engels: curse, blasphemy
Nederlands: vloek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vetplant
Volgende onderwerp: skinder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 01:04:40 MGT 2024