Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » etter
etter [boodskap #131496] So, 07 Junie 2020 08:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19497
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
etter
Afbreking: et•ter


Selfstandige naamwoord: etter
Meervoud: etters
Verkleinwoord: ettertjie
Meervoud van verkleining: ettertjies

Betekenis:
• (medies) Witterige vog met witbloedliggaampies en bakterieë wat by 'n ontsteking afgeskei word.
• (vloekwoord) 'n Onaangename persoon.

Gebruik:
• Die etter drup uit sy onversorgde wonde.
• Vermy die etter, ons stilte sal hom verpletter.

Sinoniem:
• wondvog

Vertaling:
Engels: discharge, pus
Nederlands: etter


Werkwoord: etter
Verlede tyd: het geëtter

Betekenis:
• Wondvog afskei.

Gebruik:
• Die sweer begin al etter.

Vertaling:
Engels: to fester, suppurate
Nederlands: etteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: turboskroef
Volgende onderwerp: waterpoel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 09:16:52 MGT 2024