Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » poenskop
poenskop [boodskap #131494] Sa, 06 Junie 2020 16:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Poenskop.
'n Poenskop.
poenskop
Afbreking: poens•kop
Samestelling: poens + kop


Selfstandige naamwoord: poenskop
Meervoud: poenskoppe
Verkleinwoord: poenskoppie
Meervoud van verkleining: poenskoppies

Betekenis:
• Persoon sonder hare of waarvan die hare baie kort geskeer is.
• Dier wat normaalweg horings het, maar nou daarsonder is.
• 'n Soort vis, die stompkop of swartbiskop, Cymatoceps nasutus.

Gebruik:
• Die poenskop het seker 'n weddenskap en daarmee saam al sy hare verloor.
• Die ramme het gewoonlik goedgevormde horings, maar daar is ook poenskoppe.
• Die poenskop word van Valsbaai af tot by Natal aangetref en word sowat 1 meter lank.

Sinoniem:
• bleskop
• kaalkop
• pankop

Afgelei:
• poena
• poenskopbees
• poenskopolifant

Vertaling:
Engels: poll, pollard
Nederlands: zonder hoorn; zonder haren


Byvoeglike naamwoord: poenskop
Attributief: poenskop

Betekenis:
• Sonder horings of hare (of met baie kort hare) op die kop.

Gebruik:
• Die seuns is almal poenskop.
• Die haarkapper het vir Trompie poenskop gesny.

Vertaling:
Engels: polled, bald
Nederlands: hoornloos, haarloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: solfanoot
Volgende onderwerp: turboskroef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 21:39:45 MGT 2024