Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wapen
wapen [boodskap #131275] Wo, 13 Mei 2020 16:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pistool is 'n tipe wapen.
'n Pistool is 'n tipe wapen.
Die Zuid-Afrikaansche Republiek se wapen.
Die Zuid-Afrikaansche Republiek se wapen.
wapen
Afbreking: wa•pen


Selfstandige naamwoord: wapen
Meervoud: wapens
Verkleinwoord: wapentjie
Meervoud van verkleining: wapentjies

Betekenis:
• Gereedskap wat gebruik word om te beseer, beskadig, vernietig of dood te maak; gevegswapen.
• (heraldiek) Simbool om 'n persoon, familie, stad, staat of organisasie te verteenwoordig en van ander te onderskei; wapenskild.

Gebruik:
• By skyfskiet is noukeurigheid, snelheid en die tipe wapen wat gebruik word van uiterste belang.
• Die Wapen van Suid-Afrika is die Republiek se amptelike heraldiese simbool.

Hiponiem:
• kernwapen
• lapelwapen
• steekwapen
• vuurwapen

Afgelei:
• wapenbedryf
• wapendiefstal
• wapendraer
• wapenfabriek
• wapengeweld
• wapenhandel
• wapenindustrie
• wapening
• wapenkamer
• wapenkenner
• wapenkneg
• wapenkreet
• wapenkunde
• wapenliefhebber
• wapenrusting
• wapenskild
• wapenskou
• wapensmid
• wapensmokkelaar
• wapensmokkelary
• wapenspreuk
• wapenstilstand
• wapentuig
• wapenvervaardiger
• wapenwedloop

Vertaling:
Engels: weapon; badge
Nederlands: wapen


Werkwoord: wapen
Verlede tyd: het gewapen

Betekenis:
• Vir die stryd uitrus.
• Uitrus met iets; versterk.

Gebruik:
• Die soldate word met gewere gewapen.
• Die boek wapen die leser met kennis en vaardighede.

Afgelei:
• bewapen
• gewapend
• ontwapen

Vertaling:
Engels: to arm, reinforce
Nederlands: wapenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opvoeder
Volgende onderwerp: skuilplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 19:24:04 MGT 2024