Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beampte
beampte [boodskap #131055] So, 26 April 2020 10:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beampte
Afbreking: be•amp•te


Selfstandige naamwoord: beampte
Meervoud: beamptes

Betekenis:
• Iemand wat 'n openbare pos ('n amp) beklee, gewoonlik in diens van die staat.

Gebruik:
• Die beampte het na 53 jaar se diens besluit om die tuig neer te lê.
• Enige toepaslik gekwalifiseerde man of vrou wat 'n geskikte en gepaste persoon is, kan as 'n regterlike beampte aangestel word.

Afgelei:
• doeanebeampte
• hofbeampte
• immigrasiebeampte
• kiesbeampte
• polisiebeampte
• sekuriteitsbeampte
• skakelbeampte
• spoorbeampte
• stasiebeampte
• telegraafbeampte
• toetsbeampte
• tolbeampte
• verkeersbeampte
• verkiesingsbeampte

Verwant:
• amp
• amptelik

Vertaling:
Engels: official, officer, civil servant
Nederlands: beambte, ambtenaar, ambtenares

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ekologie
Volgende onderwerp: selfde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 18:00:57 MGT 2024