Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » filosofie
filosofie [boodskap #131051] So, 26 April 2020 08:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
filosofie
Afbreking: fi•lo•so•fie


Selfstandige naamwoord: filosofie
Meervoud: filosofieë
Verkleinwoord: filosofietjie
Meervoud van verkleining: filosofietjies

Betekenis:
• Die liefde vir wysheid. Kennis van, en insig in fundamentele sake soos realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid.

Gebruik:
• Belangrike subvelde van filosofie sluit in metafisika (die aard van werklikheid en wese), epistemologie (die aard van kennis en die geldigheid en grense daarvan), etiek, estetika, politieke filosofie, logika en wetenskapfilosofie.

Sinoniem:
• wysbegeerte

Afgelei:
• lewensfilosofie

Vertaling:
Engels: philosophy
Nederlands: filosofie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: populasie
Volgende onderwerp: klimaatverandering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 13:07:59 MGT 2024