Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » genadebrood
genadebrood [boodskap #130675] So, 05 April 2020 12:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genadebrood
Afbreking: ge•na•de•brood
Samestelling: genade + brood


Selfstandige naamwoord: genadebrood
Meervoud:

Betekenis:
• Lewensonderhoud wat uit liefdadigheid aan minder bevoorregtes gegee word.

Gebruik:
• Daar is diegene wat pleit vir meer hulp aan hulle wat nie het nie, en dat die genadebrood eerder met 'n visstok vervang moet word wat mense in staat stel om vir hulleself te sorg.

Spreekwoord:
• Hy eet genadebrood. [Van ander se goedgunstigheid afhanklik wees.]

Vertaling:
Engels: charity, bread of charity
Nederlands: genadebrood

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: misluk
Volgende onderwerp: skrobbering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:26:47 MGT 2024