Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mislik
mislik [boodskap #130673] So, 05 April 2020 12:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19488
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mislik
Afbreking: mis•lik


Byvoeglike naamwoord: mislik
Vergrotende trap: misliker
Oortreffende trap: mislikste
Attributief: mislike
Partitief: misliks
Intensief: kotsmislik

Betekenis:
• Geneig tot braking. Om van op te gooi.
• Wat 'n nare indruk maak; onuitstaanbaar.

Gebruik:
• Ek het te veel koeksisters geëet, nou voel ek mislik.
• Wat 'n mislike mens is hy nie.

Sinoniem:
• aaklig
• afgryslik
• ellendig
• naar
• onaangenaam
• sieklik
• sleg

Antoniem:
• lekker

Afgelei:
• mislikheid

Vertaling:
Engels: sick, abominable, nasty, disgusting, repellent, repulsive
Nederlands: misselijk

Nota:
• Moenie "mislik" met "misluk" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dommie
Volgende onderwerp: misluk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 10:09:44 MGT 2024