Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » peil
peil [boodskap #130670] So, 05 April 2020 09:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
peil
Afbreking: peil


Werkwoord: peil
Verlede tyd: het gepeil

Betekenis:
• Die diepte of hoogte van iets vasstel.
• (figuurlik) Skat om te bepaal; deurgrond.

Gebruik:
• Hy peil die diepte van die dam.
• Ek kan sy karakter net nie peil nie.

Afgelei:
• afpeil

Vertaling:
Engels: to gauge, fathom, sound, probe
Nederlands: peilen


Selfstandige naamwoord: peil
Meervoud: peile

Betekenis:
• Die stand of vlak van iets.

Gebruik:
• Die skool handhaaf 'n besondere hoë peil.

Sinoniem:
• maatstaf
• standaard

Verwant:
• peilbaar
• peilling
• peilloos
• peilmerk
• peilstok

Homofoon:
• pyl (wat met 'n boog afgeskiet word; ook soos in "iemand pyl op iets af")

Vertaling:
Engels: level, gauge, standard
Nederlands: peil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dok
Volgende onderwerp: dokkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 21:25:46 MGT 2024