Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blad
blad [boodskap #130600] Wo, 01 April 2020 12:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18896
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
blad
Afbreking: blad
Uitspraak: /blɑt/


Selfstandige naamwoord: blad
Meervoud: blaaie
Verkleinwoord: blaadjie (blaaitjie)
Meervoud van verkleining: blaadjies (blaaitjies)

Betekenis:
• 'n Plat, breë deel van sommige voorwerpe.
• 'n Vel papier; bladsy.
• 'n Koerant of tydskrif (soos 'n dagblad, weekblad, ens.)

Gebruik:
• Vee asseblief die tafel se blad af.
• My skyfboek is vol, kan ek 'n ekstra blad kry asseblief.
• Die blad word daagliks uitgegee.

Spreekwoord:
Blad steek. [Hand skud - verwys na die skouerblad.]
• Geen blad voor die mond neem nie. [Uitgesproke wees.]
• Kat se blad, lek hom plat dan weet jy wat. [Gesê om 'n nuuskierige kind stil te kry.]

Afgelei:
• bladsy
• tuisblad
• webblad

Vertaling:
Engels: blade, top; sheet; newspaper
Nederlands: blad

Nota:
• Die verkleiningsvorm is "blaadjie" en nie "bladjie" nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanvly
Volgende onderwerp: bliksem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 00:01:44 MGT 2024