Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hekeldigter
hekeldigter [boodskap #130521] Sa, 28 Maart 2020 07:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19496
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hekeldigter
Afbreking: he•kel•dig•ter
Samestelling: hekel + digter


Selfstandige naamwoord: hekeldigter
Meervoud: hekeldigters
Verkleinwoord: hekeldigtertjie
Meervoud van verkleining: hekeldigtertjies

Betekenis:
• Persoon wat hekeldigte skryf. Skrywer van gedige waarin daar met die euwels van die samelewing gespot word.

Gebruik:
• Die hekeldigter spot dikwels met iets wat verkeerd is, hy probeer nie net om mense te amuseer nie, maar ook om mense te beïnvloed en verandering te bewerkstellig.
• 'n Hekeldigter gebruik ironie, sarkasme, skimpe en smaad saam met humor om ons gekheid en domastrantheid aan die kaak te stel.

Sinoniem:
• satirikus
• spotdigter

Vertaling:
Engels: satirist
Nederlands: hekeldichter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: byeenkoms
Volgende onderwerp: waternimf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 21:59:54 MGT 2024