Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fobie
fobie [boodskap #130123] Di, 03 Maart 2020 20:52
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19485
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fobie
Afbreking: fo•bie


Selfstandige naamwoord: fobie
Meervoud: fobies, fobieë
Verkleinwoord: fobietjie
Meervoud van verkleining: fobietjies

Betekenis:
• 'n Irrasionele of obsessiewe angs. 'n Oorheersende en sinlose vrees wat normaalweg nie vreeswekkend behoort te wees nie.

Gebruik:
• 'n Fobie verskil van 'n gewone vrees in dat dit lank duur, sinloos is, en dat die voorwerp of situasie wat die vrees uitlok vermy word.

Hiponiem:
• akrofobie (vrees vir hoogtes)
• kloustrofobie (vrees vir geslote ruimtes)
• agorafobie (vrees vir oop ruimtes)
• akwafobie (vrees vir water)
• soöfobie (vrees vir diere)
• pirofobie (vrees vir vuur)

Vertaling:
Engels: phobia
Nederlands: fobie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: suksesvol
Volgende onderwerp: rojalis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 08:46:31 MGT 2024