Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » preekstoel
preekstoel [boodskap #129918] Sa, 22 Februarie 2020 06:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18904
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die preekstoel van die Groote Kerk in Kaapstad.
Die preekstoel van die Groote Kerk in Kaapstad.
preekstoel
Afbreking: preek•stoel
Samestelling: preek + stoel


Selfstandige naamwoord: preekstoel
Meervoud: preekstoele
Verkleinwoord: preekstoeltjie
Meervoud van verkleining: preekstoeltjies

Betekenis:
• Die plek vanwaar 'n predikant preek. Meubelstuk in 'n kerk vanwaar die dominee die diens lei.

Gebruik:
• Die muur agter die preekstoel loop skerp na bo, wat die kerkganger se aandag hemelwaarts lei.

Spreekwoord:
• As die duiwel oud word, gaan hy onder die preekstoel sit. [As 'n roekelose persoon oud word, raak hy vroom.]

Sinoniem:
• kansel

Vertaling:
Engels: pulpit
Nederlands: preekstoel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: planetarium
Volgende onderwerp: kansel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:12:22 MGT 2024