Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoorsteen
skoorsteen [boodskap #129909] Vr, 21 Februarie 2020 14:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18904
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skoorsteen.
'n Skoorsteen.
skoorsteen
Afbreking: skoor•steen
Uitspraak: /ˈskʊə̯r.stɪə̯n/


Selfstandige naamwoord: skoorsteen
Meervoud: skoorstene
Verkleinwoord: skoorsteentjie
Meervoud van verkleining: skoorsteentjies

Betekenis:
• 'n Regop kanaal of pyp waardeur gasse en rook kan opstyg en afgevoer word.

Gebruik:
• 'n Skoorsteen is een van die doeltreffendste maniere om van rook ontslae te raak.

Spreekwoord:
• Van sy mond 'n skoorsteen maak. [Baie, te veel rook.]
• Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen. [Skeel kyk.]

Afgelei:
• skoorsteenbesem
• skoorsteenbrand
• skoorsteenkap
• skoorsteenmantel
• skoorsteenplaat
• skoorsteenrand
• skoorsteenroet
• skoorsteenveër

Vertaling:
Engels: chimney, flue
Nederlands: schoorsteen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pandjieshuis
Volgende onderwerp: lamp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 06:52:58 MGT 2024