Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wals
wals [boodskap #129461] So, 26 Januarie 2020 06:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19521
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Paartjie war wals.
'n Paartjie war wals.
wals
Afbreking: wals


Selfstandige naamwoord: wals
Meervoud: walse
Verkleinwoord: walsie
Meervoud van verkleining: walsies

Betekenis:
• 'n Musiekstuk met driekwartsmaat of 'n dans op sulke musiek.
• Werktuig met rollers waarmee metaal geplet word.

Gebruik:
• Strauss was 'n bekwame violis en is bekend as die Vader van die Wals.
• Omdat metale dikwels by hoë temperature gewals word, word die wals gewoonlik reg agter die smeltoond ingerig.

Afgelei:
• walser
• walsery
• walsmasjien
• walsmeule
• walsmusiek
• walstempo
• walswerk

Vertaling:
Engels: waltz
Nederlands: wals


Werkwoord: wals
Verlede tyd: het gewals
Teenwoordige deelwoord: walsende

Betekenis:
• Om op die maat van walsmusiek (driemaatslag) te dans.
• Om metaal met rollers te plet; pletrol.

Gebruik:
• Hulle het die hele aand gewals en gefoxtrot.
• Metale word dikwels by hoë temperature gewals, daarom is die wals meestal reg agter die smeltoond.

Vertaling:
Engels: to waltz
Nederlands: walsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sokkel
Volgende onderwerp: aamborstig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 19:30:49 MGT 2024