Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vonkviool
vonkviool [boodskap #129459] So, 26 Januarie 2020 06:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19496
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Meer moderne vonkviool.
'n Meer moderne vonkviool.
vonkviool
Afbreking: vonk•vi•ool
Samestelling: vonk + viool


Selfstandige naamwoord: vonkviool
Meervoud: vonkviole
Verkleinwoord: vonkviooltjie
Meervoud van verkleining: vonkviooltjies

Betekenis:
• 'n Aansteker of sigaretaansteker, 'n apparaat om vuur te maak.

Gebruik:
• Die naam vonkviool kom vermoedelik van die ouer tipe aansteker wat tipies met lampolie of paraffien gevul is. Jy moes 'n stafie oor 'n strook op die aansteker "stryk" (meestal meermale) om 'n vonk te veroorsaak. Die vonk het dan die brandstofdeurdrenkte pit aan die brand gesteek.

Vertaling:
Engels: lighter
Nederlands: aansteker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: zoem
Volgende onderwerp: sokkel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 22:34:01 MGT 2024