Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitkom
uitkom [boodskap #129292] Vr, 17 Januarie 2020 18:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19496
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitkom
Afbreking: uit•kom
Samestelling: uit + kom


Werkwoord: kom uit, uitkom
Verlede tyd: het uitgekom

Betekenis:
• Na buite kom.
• Te voorskyn kom.
• Vir iemand gaan kuier.
• 'n Plek bereik.
• 'n Vlek uit klere haal.
• Bekend word; op die lappe kom.
• Genoeg geld hê om alles wat nodig is te betaal.
• Verby wees.

Gebruik:
• Jy moet bietjie uitkom sodat jou bleek lyf son kan kry.
• Die babatjie se tande begin uitkom. Die saadjie het uitgekom.
• Ek het soveel werk dat ek nie by my vriende uitkom nie.
• Sy wil weet hoe mens by die salon uitkom.
• Ek het die hemp al twee keer gewas, maar die kol wil nie uitkom nie.
• Haar geheim het uitgekom.
• Hy sukkel om met sy salaris uit te kom.
• As die skool uitkom gaan ons fliek.

Spreekwoord:
• Met die hele mandjie patats uitkom. [Die geheime openbaar.]

Vertaling:
Engels: to come out; to appear; to get round to; to reach, get to; to become known, make do; to make ends meet
Nederlands: uitkomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uithaal
Volgende onderwerp: uitkoms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 04:44:06 MGT 2024