Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tak
tak [boodskap #129210] So, 12 Januarie 2020 12:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Voël op 'n tak.
'n Voël op 'n tak.
tak
Afbreking: tak
Uitspraak: /tɑk/


Selfstandige naamwoord: tak
Meervoud: takke
Verkleinwoord: takkie
Meervoud van verkleining: takkies

Betekenis:
• Die deel van 'n plant wat blare dra; boomtak.
• 'n Deel of afdeling van 'n groter geheel.

Gebruik:
• Sy breek 'n dooie tak van die boom af. Die aap swaai van die een na die ander tak.
• Die bank het twee takke in die dorp.

Spreekwoord:
• Hy sit soos 'n voël op 'n tak. [Sonder 'n vaste woonplek wees.]
• Iemand met wortel en tak uitroei. [Iets heeltemal uitroei.]
• Hulle breek nie hout van dieselfde tak nie. [Hulle kom nie met mekaar klaar nie.]
• Van die hak op die tak spring. [Sonder voorbereiding van die een onderwerp na 'n ander oorgaan.]
• Hulle breek nie brandhout van dieselfde tak nie. [Hulle kom nie met mekaar klaar nie.]

Afgelei:
• aftak
• vertak

Vertaling:
Engels: branch, twig
Nederlands: tak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tafel
Volgende onderwerp: talent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:30:51 MGT 2024