Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rus
rus [boodskap #129005] Vr, 03 Januarie 2020 06:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rus
Afbreking: rus
Uitspraak: /rœs/


Selfstandige naamwoord: rus
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Tyd van ontspanning of herstel wanneer mens nie baie doen nie; herstelperiode; pouse.

Gebruik:
• Ons het 'n goeie vakansie en baie rus nodig.

Spreekwoord:
• Arbeid adel; rus roes. [Werk maak van jou 'n beter mens.]
• Geen rus of duurte hê nie. [Geen vrede hê nie.]
• Geen rus vir die holte van jou voet nie. [Vind nêrens rus nie.]
• Hy laat geen hond of kat met rus nie. [Almal lastig val.]

Antoniem:
• inspan
• onrus
• werk

Afgelei:
• rusbank
• ruspouse
• rustyd

Vertaling:
Engels: rest, quiet, repose
Nederlands: rust


Werkwoord: rus
Verlede tyd: het gerus
Teenwoordige deelwoord: rustende

Betekenis:
• Om werk en ander aktiwiteite te staak om die kragte op te bou.
• Om iets teen iets ander te laat lê sodat dit daarteen ondersteun word.

Gebruik:
• Hulle rus 'n bietjie in die koelte onder die boom.
• Die lapa rus op vier pilare.

Spreekwoord:
• Sy rus in die skoot van die aarde. [Sy is begrawe.]
• Op jou louere rus. [Nie verder lof probeer inoes nadat 'n mens deur eie inspanning iets bereik het nie.]

Afgelei:
• uitrus

Vertaling:
Engels: to rest, sleep, repose
Nederlands: rusten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: notisie
Volgende onderwerp: rustig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:47:59 MGT 2024