Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruim
ruim [boodskap #129002] Do, 02 Januarie 2020 19:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ruim
Afbreking: ruim
Uitspraak: /rœi̯m/


Byvoeglike naamwoord: ruim
Vergrotende trap: ruimer
Oortreffende trap: ruimste
Attributief: ruim

Betekenis:
• Van groot omvang of uitgestrektheid.

Gebruik:
• Hy het 'n ruim donasie vir liefdadigheid geskenk.

Spreekwoord:
• Jy moet dit uit die weg ruim. [Verwyder; vernietig.]

Sinoniem:
• omvattend
• onbelemmerd
• uitgebreid
• uitgestrek
• wyd

Antoniem:
• eng
• klein
• knap
• nou

Afgelei:
• binneruim
• lugruim
• ruimhartig

Vertaling:
Engels: large, wide, spacious, roomy, open; ample, generous
Nederlands: ruim


Selfstandige naamwoord: ruim
Meervoud: ruime

Betekenis:
• Plek in 'n skip waar die lading gebêre word.

Gebruik:
• Die skeepshouers word in die skip se ruim gelaai.

Afgelei:
• skeepsruim

Vertaling:
Engels: cargo hold
Nederlands: ruim

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ruil
Volgende onderwerp: ruimte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:54:56 MGT 2024