Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rou
rou [boodskap #128995] Do, 02 Januarie 2020 16:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rou
Afbreking: rou
Uitspraak: /rœu/


Byvoeglike naamwoord: rou
Vergrotende trap: rouer
Oortreffende trap: rouste
Attributief: rou
Intensief: bloedrou

Betekenis:
• Nie gaar/gekook nie.
• Seer en pynlik.

Gebruik:
• Ek eet nie rou vleis nie.
• Die wond is rou. Haar keel is 'rou geskree.

Spreekwoord:
• Honger maak rou bene soet. [Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.]
• Armoede leer 'n hond rou rieme vreet. [Armoede dwing jou om dinge te gebruik wat jy in beter omstandighede nooit sou gebruik nie.]

Antoniem:
• gaar

Vertaling:
Engels: raw, uncooked; sore
Nederlands: rauw


Werkwoord: rou
Verlede tyd: het gerou

Betekenis:
• Die emosionele nasleep na die afsterwe van 'n geliefde.

Gebruik:
• Sy rou oor die dood van haar moeder.

Vertaling:
Engels: to mourn
Nederlands: rouwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: suspisie
Volgende onderwerp: rower
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:52:19 MGT 2024