Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sluk
sluk [boodskap #128993] Do, 02 Januarie 2020 14:18
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sluk
Afbreking: sluk


Selfstandige naamwoord: sluk
Meervoud: slukke
Verkleinwoord: slukkie
Meervoud van verkleining: slukkies

Betekenis:
• Hoeveel mens met en sluk wegsluk; 'n teug.
• Die slukgedeelte van die keel.

Gebruik:
• Die brak gee een haastige sluk en die hele been is weg. Hy neem 'n slukkie water.
• Sy slaan hom op sy sluk en hardloop weg.

Spreekwoord:
• Dis al 'n hele sluk op die bottel. [Dit help baie.]
• Dit skeel 'n hele sluk op die bottel. [Dit maak 'n groot verskil.]

Vertaling:
Engels: gulp, mouthful
Nederlands: slok


Werkwoord: sluk
Verlede tyd: het gesluk

Betekenis:
• Die handeling van sluk; kos of vloeistof van die mond deur die keel na die maag laat gaan.
• Iets moeiliks aanvaar; verdra en nie op 'n belediging reageer nie.

Gebruik:
• Sy sluk te veel pille.
• Hy moes maar die vernedering sluk.

Spreekwoord:
• ’n Bitter pil om te sluk. [Moeilik om te verwerk.]

Vertaling:
Engels: to swallow; to put up, endure
Nederlands: slikken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omvang
Volgende onderwerp: suspisie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:42:32 MGT 2024