Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rot
rot [boodskap #128988] Do, 02 Januarie 2020 07:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rot.
'n Rot.
rot
Afbreking: rot


Selfstandige naamwoord: rot
Meervoud: rotte
Verkleinwoord: rotjie
Meervoud van verkleining: rotjies

Betekenis:
• 'n Knaagdiertjie, bietjie groter as 'n muis, wat baie skade kan aanrig.

Gebruik:
• Hulle probeer om die lastige rot in 'n val te vang.

Spreekwoord:
• Jou oor 'n dooie rot verheug. [Om oor iets nietigs bly te raak.]

Afgelei:
• rotgif
• rotval
• rotvanger

Vertaling:
Engels: rat
Nederlands: rot


Werkwoord: rot
Verlede tyd: het gerot

Betekenis:
• Sleg word; vrot; bederf.

Gebruik:
• Die brood rot al.

Vertaling:
Engels: to rot, decay
Nederlands: rotten


Byvoeglike naamwoord: rot

Betekenis:
• Alles van iemand vat.

Gebruik:
• Hulle het ons bure se huis rot en kaal gesteel.

Vertaling:
Engels: everything

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rooster
Volgende onderwerp: rots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:54:59 MGT 2024