Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roei
roei [boodskap #128975] Wo, 01 Januarie 2020 17:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Roeiers wat 'n boot roei.
Roeiers wat 'n boot roei.
roei
Afbreking: roei


Werkwoord: roei
Verlede tyd: het geroei

Betekenis:
• Om 'n boot of skuit met 'n spaan vorentoe te beweeg. 'n Vaartuig op water met roeispane voortdryf.

Gebruik:
• Hulle roei saam op die dam.

Vertaling:
Engels: to row
Nederlands: roeien


Selfstandige naamwoord: roei
Meervoud: roeie

Betekenis:
• 'n Sportsoort wat op water in 'n kano of boot beoefen word.
• Die stert van 'n komeet.
• 'n Netwerk van latte.

Gebruik:
• Hy neem Saterdae aan roei deel. Sy het eerste in roei gekom.
• Die komeet se roei bestaan uit gesmelte en verdampte ys.

Afgelei:
• roeiboot
• roeier
• roeiklub
• roeispaan

Vertaling:
Engels: rowing; tail
Nederlands: roeien; staart

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: robot
Volgende onderwerp: rollees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:55:33 MGT 2024