Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reguit
reguit [boodskap #128962] Di, 31 Desember 2019 20:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reguit
Afbreking: reg•uit


Byvoeglike naamwoord: reguit
Vergrotende trap: reguiter
Oortreffende trap: reguitste
Attributief: reguit
Intensief: pylreguit, penreguit

Betekenis:
• Wat nie gebuig of krom is nie.
• Eerlik en opreg wees; presies sê wat iemand voel of dink; nie doekies omdraai nie.

Gebruik:
• Gebruik jou liniaal om 'n reguit streep te trek.
• EK het hom reguit gesê wat ek van hom dink.

Spreekwoord:
• As die groot krap skeef loop, hoe kan die kleintjie reguit loop? D[ie voorbeeld van die ouer het 'n groot invloed op die kind.]

Vergelyking:
• So reguit soos 'n kers.

Antoniem:
• krom

Vertaling:
Engels: straight; honest, frank, candid
Nederlands: rechtuit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: regop
Volgende onderwerp: regverdig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:49:38 MGT 2024