Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reën
reën [boodskap #128956] Di, 31 Desember 2019 13:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Reëndruppels wat op die grond val.
Reëndruppels wat op die grond val.
reën
Afbreking: re•ën
Uitspraak: /rɪə̯(n)/, /reːə(n)/


Selfstandige naamwoord: reën
Meervoud: reëns
Verkleinwoord: reëntjie
Meervoud van verkleining: reëntjies

Betekenis:
• Druppels water wat uit die wolke na die aarde val. Atmosferiese neerslag van gekondenseerde waterdamp as 'n vloeistof (in teenstelling met ander nie-vloeistof vorme soos sneeu, hael en ysreën).

Gebruik:
• Ná die lang droogte is die reën baie welkom.

Spreekwoord:
• Dit reën (rooi)katte en (wilde)honde. [Dit reën baie hard.]

Wisselvorm:
• reent

Hiponiem:
• motreën
• suurreën

Afgelei:
• reënboog
• reëndruppel
• reënerig
• reënjas
• reënval
• reënwater
• reënweer

Vertaling:
Engels: rain
Nederlands: regen


Werkwoord: reën
Verlede tyd: het gereën
Teenwoordige deelwoord: reënende

Betekenis:
• Die val van druppels water uit die hemel.

Gebruik:
• Dit reën op ongereelde tye, gewoonlik as donderstorms in die somertyd.

Vertaling:
Engels: to rain
Nederlands: regenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reël
Volgende onderwerp: siklaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:50:13 MGT 2024