Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reël
reël [boodskap #128955] Di, 31 Desember 2019 13:37
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reël
Afbreking: re•ël


Selfstandige naamwoord: reël
Meervoud: reëls
Verkleinwoord: reëltjie
Meervoud van verkleining: reëltjies

Betekenis:
• Instruksies wat sê wat mens mag en nie mag doen nie; 'n voorskrif wat die gewenste handelswyse uitspel.
• 'n Lyn waarop 'n mens skryf of waarop letters staan.
• Die woorde wat in 'n lyn geskryf is.

Gebruik:
• Daar word van leerders verwag om die skool se reëls na te kom. Die Goue Reël is om ander te behandel soos jy wil hê hulle jou moet behandel.
• Skryf jou naam en vandag se datum op die eerste reël.
• Lees die eerste drie reëls van die teks.

Hiponiem:
• maatreël
• padreël
• slotreël
• spelreël
• verkeersreël
• versreël

Afgelei:
• reëlaar
• reëlbaar
• reëling
• reëlmaat
• reëlmatig

Vertaling:
Engels: rule; line
Nederlands: regel


Werkwoord: reël
Verlede tyd: het gereël

Betekenis:
• Iets organiseer en seker maak dat dit reg gebeur; sorg dat 'n gewenste effek bereik word; in orde bring; voorberei; skik.

Gebruik:
• Jan reël dat die huurmotor hulle om 14:0 uur kom oplaai.

Vertaling:
Engels: to organise, organize
Nederlands: regel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rebel
Volgende onderwerp: reën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:45:22 MGT 2024